Lorem ipsum dolor amet, consectetuer adipiscing elit. Aenean commodo ligula eget dolor massa. Cum sociis natoque penatibus et magnis dis parturient montes, nascetur ridiculus mus.

Baker

Follow Us:
  • No products in the cart.

Blog

Experienced and Friendly

Kamp 2018: Fondsinsameling Komitee

“Do what you can, with what you have, where you are.” (Theodore Roosevelt)

Hierdie woorde het ek die eerste oggend met ons besoek aan die APD (Association for the Physically Disabled) raakgelees en dit het by my gebly. Ons – die Fondsinsamelingkomitee – het besluit dat ons dit gaan probeer toepas regdeur die jaar. Die hele kamp was regtig vir my ‘n “wow” ondervinding. Ek het so baie geleer en soveel nuwe dele van die Paarl gesien. Ek dink regtig nie ons as JTC kan suksesvol wees sonder die hulp van al die besighede, organisasies en individue wat ons help en toelaat om deel te wees van hulle projekte nie. Daar is definitief nie genoeg woorde om my dankbarkeid te beskryf nie.

‘n Mens leer net deur self te ervaar en te voel. Ek het geleer dat ek kan regkom met baie minder as wat ek dink, en dat daar soveel mense in ons eie dorp is wat met baie min oor die weg moet kom. Die kosbaarste ding wat ‘n mens kan gee is jou tyd. Ons het oral nie eintlik veel meer gegee as ons tyd nie, en dit het vir so baie mense so baie beteken.

Die kamp was ‘n baie goeie leer-ervaring en deur ons swaarkry en ongerief die naweek het ons baie van mekaar geleer! Dit was verseker die kamp waar ek die meeste van myuself ggeleer het.

Wat ‘n goeie manier om die eerste jaar af te skop.

Mela Botha (Gr 10)