Lorem ipsum dolor amet, consectetuer adipiscing elit. Aenean commodo ligula eget dolor massa. Cum sociis natoque penatibus et magnis dis parturient montes, nascetur ridiculus mus.

Baker

Follow Us:
082 940 1936
Mon - Fri: 07:00 am - 05:00 pm

Blog

Rusoord besoek

In Maart het die Junior Stadsraad Rusoord Tehuis vir Bejaardes besoek om blommetjies en houertjies tandepasta (wat ons geskenk gekry het) vir die bejaardes wat in die siekeboeg woon te gaan gee. Ons het heerlik gekuier, en almal het dit baie geniet. Omdat sommige bejaardes nie gereeld besoekers ontvang nie, het hulle ons verseker dat dit lekker is om jongmense in die gange te hê.

Een bejaarde dame het begin huil toe ons by haar kamer instap. Sy het my hand gevat en saggies begin huil, en het my hand bly vashou terwyl sy met my gesels het en het aanhoudnd dankie gesê dat ons vir haar kom kuier het. DIt was regtig vir ons lekker om by Rusoord te kuier, en is baie opgewonde om dit gereeld te doen.

Deur hierdie uitreik het ons besef dat ons interaksie met die bejaardes en die klein blyk van omgee nie net ‘n verskil in hulle lewens gemaak het nie, maar ook ‘n impak op ons het. Ons besef vandag dat oud-word vir ons almal wag.

Izema van der Westhuizen (Gr 10)

POST A COMMENT