Lorem ipsum dolor amet, consectetuer adipiscing elit. Aenean commodo ligula eget dolor massa. Cum sociis natoque penatibus et magnis dis parturient montes, nascetur ridiculus mus.

Baker

Follow Us:
  • No products in the cart.

Blog

Experienced and Friendly

Parkrun Duty Rocks

PARKRUN PHOTOS can be seen here.

Ons komitee stel baie belang in die gemeenskap se betrokkenheid by sport, en help graag waar ons kan. Ons was die afgelope jaar betrokke by die Paarl se Parkruns, waar ons elke Saterdag ons deel vir die gemeenskap doen! Vir ons gaan dit nie noodwendig oor die werk wat ons moet doen nie, maar meer oor die vreugde wat dit ander bring. Die feit dat ons die gemeenskap kan help, is klaar die grootste voorreg wat ons as skoolkinders kan he. Die take was ons by die Parkrun verrig sluit die volgende in:

– Padaanwysers

– Skandeer die “barcodes” van die drawwers

– Soms is ons die fotograwe

– En die belangrikste van alles, ons probeer seker maak die mense geniet hulleself!

Die Sport en Rekreasie Komitee bestaan uit 8 lede, almal uit verskillende skole in die Paarl. Ons wil graag ‘n goeie bydrae maak tot ons dorp se betrokkenheid by sportaktiwiteite. Vir ons is dit belangrik dat almal ‘n gelyke kans het om hulle talente te ontwikkel.

Hierdie jaar het ons komitee ‘n groot projek geloods waartydens ons mense se ouer, maar bruikbare tekkies ingesamel het, en dit gegee het aan mense wat nie noodwendig die voorreg het om met die regte skoene te oefen nie. Ek glo dit was ‘n projek wat nie ‘n sukses kon wees sonder die dorp se hulp nie. Ek glo ons het talle kinders se lewens geraak deur iets te gee wat hulle laat voel het dat hulle ook hulle droom kan bereik.

Vervolgens, terugvoering vanaf sommige komitee-lede:

Demi Erasmus (Gr 10)

My ervaring as junior raadslid is sover een van die beste ervarings van my lewe. Nooit in my hele lewe sou ek kon dink dat ek in so ‘n kort tydjie van so baie verskillende mense, rasse en kulture kon leer nie. Dit het al my verwagtinge oortref en vandat ek op die JTC is, kyk ek uit ‘n totale nuwe oogpunt na verskillende situasies. Die JTC het my geleer dat ons almal verskil. Eerder as om mekaar te oordeel, moet ons saamstaan en verby mekaar se verskille kyk, want as ons dit doen kan ons regtig ‘n groot verskil maak. Die JTC het my ook geleer dat almal ‘n verskil kan maak. Maak nie saak wat jou omstandighede is nie, hou oud of jonk jy is of watter kleur jou vel is nie, jy kan ‘n verskil maak. Ek kan nie wag vir die volgende jaar van my JTC-ervaring nie, en ek is opgewonde om te sien hoe ons as die jeug van die Paarl saam ‘n impak kan maak. Ek geniet elke oomblik van die JTC en dit is vir my wonderlik om in ‘n omgewing te beweeg waar ek weet die mense en kinders waarmee ek dit deel ook dieselfde droom in hulle harte het as ek, en dit is om die Paarl ‘n beter plek te maak.

Lehman Muller (Gr 10)

I think that Parkrun is an opportunity for us to help our community and a place where we can learn new skills and acquire knowledge. My have learnt new things, made new friends, and I have also had the opportunity to help my community with what I have and what I know will be helpful. is a great place where people across the Paarl Valley can run together.

All ages are welcome, dogs are welcome too! The park runs are amazing to do, because as you run, you can take a quick glance at the beautiful view from the arboretum.

It is a great program that the Paarl JTC got involved with, because it’s good to see how people are getting into shape and really rake control of their lives…

The parkrun is not for placement or time – it is also to have a great time with your family and friends. So do join the JTC at the Paarl arboretum at 08:00.

Kelly Abrahams (Gr 10)

PARKRUN is a world-wide free weekly 5km funwalk/run event on a Saturday. The Paarl Parkrun takes place at the Boulevard. It is open to everyone, whether it’s your first steps or you are a professional runner.

Serving as a volunteer at the park runs through the JTC really helped me to get out of my comfort zone, having to talk to different people. Doing small tasks like barcode scanning, taking pictures with a smile, or even just helping with setting up really makes something spark in me – I am serving this town!

It might be a small task, but the Parkrun wouldn’t be possible if it wasn’t for the volunteers. Everyone is kind and friendly and motivated and those characteristics sticks.

The Parkruns are amazing, and I love the vibe and fresh air – even if it means I have to get up early on a Saturday.